Hartland

Paperback afr 2012 9780624056911
€ 22,46
Levertijd ongeveer 8 werkdagen
Gratis verzonden

Samenvatting

Deon Opperman het verlede jaar Afrikaners aan die praat gehad met sy kykNET-reeks Hartland. In die reeks kyk hy na die uitwerking van 'n veranderende samelewing op een familie - die politiek van transformasie en verset. Sentraal in die reeks is die patriarg Jan Cilliers (Marius Weyers het die rol vertolk), hoof van African Queen, 'n maatskappy wat skoonheidsmiddels maak. Na sy dood ontstaan groot wedywering in die familie om die hart van die maatskappy, maar in die proses word baie drome verpletter. Opperman benut verskeie aktuele verhaalelemente om die reeks woema te gee: BEE, die moord, execution-style, van bejaarde wit egpare deur swart inbrekers, getraumatiseerde soldate van die apartheid-regime wat by hul predikante aanklop om leiding - en die herstel van hul geloof. As teenwig vir die emosioneel hooggespanne onderdele van die reeks, is daar ook 'n tienerliefde wat blom en 'n ou huwelik wat skielik geen sin meer het nie, maar Opperman se meesterlike slot berus op twee heel ander sake: die rol van Afrikaner-weerstandsbewegings, en planne wat Jan Cilliers lank voor sy dood gemaak het om die voortbestaan van sy maatskappy te verseker.

Specificaties

ISBN13:9780624056911
Taal:afr
Bindwijze:Paperback
Aantal pagina's:440

Lezersrecensies

Wees de eerste die een lezersrecensie schrijft!

Managementboek Top 100

€ 22,46
Levertijd ongeveer 8 werkdagen
Gratis verzonden

Rubrieken

    Personen

      Trefwoorden

        Artikelen

          Hartland