Donkerdrif

Paperback afr 2020 9780798181662
€ 28,88
Levertijd ongeveer 21 werkdagen
Gratis verzonden

Samenvatting

Iemand skiet vir adjudant-offisier Milo April by die Kaapse Waterfront. Koelbloedig, helder oordag, ’n teregstelling. Is ’n senior SAPD-offisier daarvoor verantwoordelik? En hou dit verband met geheimsinnige briewe wat die geskorste Valke-speurders Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang het? Met ondertone van nóg staatskaping-onheil? As hulle dit kan ontrafel, is hul loopbane gered, hul status herstel. Maar hoe ondersoek jy ’n saak in die geheim, met jou hele toekoms op die spel as jy uitgevang word? Terwyl jy boonop jou tyd moet mors met ’n studentjie op Stellenbosch wat skynbaar ná ’n naweek se gefuif tussen neus en ore verdwyn het? En die aapstreke tussen Jasper Boonstra, die superryk, alomberugte korporatiewe swendelaar, en die sensuele, desperate eiendomsagent Sandra Steenberg . . . Jy doen maar wat jy altyd doen as jy Griessel en Cupido is. Bekhou, kophou, aanhou. Terwyl jou base raas en die media onmenslike druk op jou plaas. En jy stadigaan besef dit is die donkerste drif wat agter alles sit. Gierigheid.

Specificaties

ISBN13:9780798181662
Taal:afr
Bindwijze:Paperback
Aantal pagina's:448
Uitgever:Human & Rousseau (Pty) Ltd

Lezersrecensies

Wees de eerste die een lezersrecensie schrijft!

Managementboek Top 100

Rubrieken

    Personen

      Trefwoorden

        Artikelen

          Donkerdrif